STRAND-SEEKOSRESTAURANT @ HARTIES

Hartbeespoortdam

Eet soveel jy wil – of kan!

 

“Die enigste manier om seekos werklik te geniet, is in oorvloed, sand onder die voete, saam met vriende om ‘n vuur.”

 

De Vette Mossel bied veel meer as bloot perfek-voorbereide seekos – hierdie is ‘n ervaring.

 

STRAND-SEEKOSRESTAURANT @ HARTIES

Hartbeespoortdam
Eet soveel jy wil – of kan!

 

“Die enigste manier om seekos werklik te geniet, is in oorvloed, sand onder die voete, saam met vriende om ‘n vuur.”

 

De Vette Mossel bied veel meer as bloot perfek-voorbereide seekos – hierdie is ‘n ervaring.

 

STRAND-SEEKOSRESTAURANT @ HARTIES

Hartbeespoortdam
Eet soveel jy wil – of kan!

 

“Die enigste manier om seekos werklik te geniet, is in oorvloed, sand onder die voete, saam met vriende om ‘n vuur.”

 

De Vette Mossel bied veel meer as bloot perfek-voorbereide seekos – hierdie is ‘n ervaring.

 

ONS UITGANGSPUNT

DIS ‘N ERVARING!

Ons by De Vette Mossel Harties poog om veel meer te bied as bloot ‘n ete – dit is ‘n ervaring, in ongewone en informele omstandighede, waar jy saam met vriende (oues en nuutgevondes) gesellig saam verkeer, waar niemand jou aanjaag nie en waar jy soveel seekos eet as waarvoor jy lus is – net soos ons langs die Weskus maak.

DIE UITSTEKENDE VOORBEREIDING VAN TOP GEHALTE SEEKOS, IN OORVLOED, EN WAARDE VIR GELD, IS ONS ERNS.

 

SKINK ‘N WYNTJIE

Met aankoms verwelkom ons jou met ‘n gratis glas goeie Kaapse wyn. Ons het ook ‘n kontantkroeg met fantastiese ‘beach cocktails’, die beste Kaapse wyne en alle ander bekende drankies.

3

TROUES & FUNSKIES

Droom van ‘n troue op die strand al is dit in die binneland? Dit hoef nie ‘n droom te bly nie! Gesels met ons om jou troudag waarlik onvergeetlik te maak – jy is dit werd!
Ons Strand-seekosrestaurant is die perfekte “strand” trou venue, waar liefde, romanse, pret en drome saamkom om ‘n pragtige realiteit te word. By De Vette Mossel waarborg ons jou ‘n unieke strand-see omgewing teen onverbeterlike pryse. Kom hou kaalvoet troue op ons strand waar ‘n onvergeetlike seekos-buffet bedien word.

NB. Volg asb die skakel vir meer inligting en Vrae & Antwoorde oor ons troues.

confetti FUNKSIES

De Vette Mossel leen hom uitstekend tot jaareind-, spanbou- en ander funksies. Ons kan maklik groot groepe hanteer- die Mossel sal maklik tot 350 gaste kan sit! Die atmosfeer is ook idillies vir verbeeldingryke temas – seerowers, “Beach Party”, Hawaii, “Fun on the Beach”, ens.
Belê in jou belangrikste bate – jou personeel. Hulle is dit werd!

8

sun WEER

Hoewel De Vette Mossel gedeeltelik ‘n opelug restaurant is, is alle sitplekke onder afdak en beskerm teen wind en reën. Verder kan die hele restaurant binne minute toegemaak word, sodat dit ten volle operasioneel is selfs in die geval van reën en sterk wind.
En as dit dalk reën – moet net nie kla nie. Dis Afrika en reën is altyd ‘n seëning.

Wie’s Ons? Waar het dit begin?

  Vroeg in Desember 2004, het eienaar Niël du Bois en ‘n aantal werkers/vriende met Brolloks, ‘n Chev-lorretjie van 1950, hooggelaai met planke, toue en nette op Mosselbaai opgedaag – om na dekades as joernalis sy vrye gees uit te leef en ‘n seekos-eetplek êrens op ‘n strand oop te maak.

Met die Genade van Bo (en te danke aan ‘n munisipale amptenaar of twee wat die visie van ‘n seekos-eetplek op die strand gedeel het) is die eerste De Vette Mossel staangemaak, die deure spreekwoordelik oopgegooi en die eerste gaste het opgedaag… en opgedaag…en opgedaag…

Te danke aan volgehoue en gewaardeerde ondersteuning van nuutgevonde Mossel-vriende, het De Vette Mossel gegroei en gegroei. Dit was onvermydelik dat die sukses moes oorspoel en in 2012 is die eerste vure van De Vette Mossel Harties in Hartbeespoort aangesteek met ons eie bosveld strand en tietiesbaai ligtoring! In 2013 maak De Vette Mossel Parys oop en in 2018 die vierde De Vette Mossel te Hermanus.

By De Vette Mossel @ Harties is jou gasheer en vrou Jannie en Rochelle Geyer wat grootgeword het met De Vette Mossel konsep. Hulle volg nes Niël ook hul droom weg van die gejaagde stadslewe en dit is hier in Harties waar hulle ‘n eie stukkie seeparadys het- De Vette Mossel @ Harties.

Die braaiers, skoonmakers en kombuispersoneel is ‘n storie op sy eie. Net werklose mense is aangestel, opgelei en vandag is hulle onlosmaakbaar deel van die De Vette Mossel-familie. Sonder hulle is De Vette Mossel nie moontlik nie – daarom dat hulle ook in die winste/vrugte van sukses deel.
Niël self kom kuier gereeld om ook 100% seker te maak dat De Vette Mossel @ Harties identies aan die visie van die De Vette Mossel restaurante wat konsep, spyskaart en kwaliteit betref, en sodat baber nie dalk skielik op die spyskaart verskyn nie!

9

DE VETTE MOSSEL VISIE

Ons streef om:

N

‘n Onvergeetlike en tradisionele, eg Weskus-ervaring aan alle mense te bied in ‘n lekker, ontspanne en gesellige atmosfeer.

N

‘n Unieke belewenis, eerlike seekos in oorvloed, kwaliteit & waarde vir geld te bied.

N

‘n Positiewe verskil te maak in die lewens van ons werkers en in die gemeenskap waarin ons bedien.

N

Uitnemendheid en passie na te streef in alles wat ons doen.

Mense en kos is ons passie, gaste-tevredenheid ons satisfaksie en wins ons bonus!
Ons doen dit 100% – want jy is dit werd!

AGTER WATTER DUIN?

DE VETTE MOSSEL @ HARTIES is op die R511 in Hartbeespoortdam, langs die Ennis Teetuin en naby die Jasmyn Vrugtemark.

Gallery

14.7
14.10
14.16
14.2
14.1
14.4
14.15

Disse

Gange

venues

Pryse & Kontak ons

De Vette Mossel Harties is heeljaar oop!

Meestal naweke oop vir middagetes (12:00) of aandetes (18:00),
vra gerus vir beskikbare datums.

Bespreking NOODSAAKLIK!

Vir Funksies van meer as 40 mense kan die Mossel Enige dag bespreek word.

Bespreek Nou

R350

Per Volwassene

R310

Per Pensionaris

R150

Per Laerskoolkind

R50

Voorskools

R0

3 Jaar en jonger

S.Q. vir ‘n heel Weskuskreef

R220 vir 400g heel garnale

R80 vir 170g Kalamari steak

R60 vir Vangs van die Dag

R120 Kurk fooi per cooler (Nie van toepassing op werksfunksies nie)

Tariewe is onderhewig aan veranderinge – een keer ‘n jaar op 1 Desember.

(NEEM KENNIS ASB: Goed toegeruste kontantkroeg is beskikbaar! Ons het krediet/debietkaart-geriewe).

Besprekings is noodsaaklik. Eerstens om u teleurstelling te spaar en tweedens om ons in staat te stel om behoorlik vir u voor te berei. 

De Vette Mossel behou die reg voor om te kanselleer indien die minimum aantal gaste nie bereik word nie.

Tripadvisor

Wat ons Kliënte sê

Awesome atmosphere, most delicious food and worth every cent.

★★★★★

– Annie Davids

This is an experience not to be missed. Loved it, too much to eat. And the drinks are going down like a Hippo with a Lead parachute….
★★★★★

– Cobus van der Merwe

Awesome concept which is capped off by friendly staff and management who make you feel so welcome from the time you arrive. Arrive hungry so that you can enjoy every course. The tasty food and great rustic atmosphere make this place a must visit.

★★★★★

– Jason Parsons

Definitely worth it. The food and the atmosphere is amazing. We had our year end function here yesterday. Will definitely return. Everything was really good, I particularly enjoyed the seafood potjie but it is difficult to choose a favorite since the mussels and the snoek were mouthwatering as well.

– Marli Coetzee

Easily the best seafood in the northern half of South Africa. Incredible vibe, best food you can have for the price, and just a great time overall. Advance bookings (at least 2 days in advance) are essential.

★★★★★

– Martin Becker

Fantastic time had by all!
Found our new go-to restaurant for when we want to get out of the city! Definately worth a visit. Great atmosphere, service and value for money.

★★★★★

– VagabondTravelZA

Drone Location scaled

Langs die Walvisse

HERMANUS

grrotbrak

Op Die See

GROOTBRAK

Parys MAIN scaled

Die Dorp Van Kos

PARYS